True Green Alliance In the news SAPA Brief aan LekkeSlaap

SAPA Brief aan LekkeSlaap

Die Suid Afrikaanse Predatore Vereniging (SAPA) verteenwoordig boere in die wildsbedryf wat op roofdier teling en verwante waardekettings fokus.

Wildboerdery vorm ’n groot deel van die landbou en toeristebedryf. Suid-Afrika is met reg trots op die landbou- en toerisme sektore wat unieke produkte aan die publiek bied. Byna alle wildsplase integreer tans algemene boerdery, jag sowel as ander natuurgebaseerde aktiwiteite.

Hierdie geslaagde ekonomiese model het reeds onteensegbaar bewys dat dit ’n volhoubare inkomste aan grondbesitters kan verseker. Dit is belangrik om die impak van wildsplase op grondvlak in die plattelandse gemeenskappe te verstaan.

Toerisme verskaf werk aan gemeenskappe op verskeie vlakke en voorsien sodoende voedsel aan menige huishoudings in Suid-Afrika.

Ondernemings soos LekkeSlaap het hul bestaan grotendeels te danke aan die unieke produkte wat deur wildsboere geskep is. SAPA betreur LekkeSlaap se onlangse besluit om teen die wettige wildsbedryf en avontuur toerisme te diskrimineer.

Mens verwag egter ’n meer holistiese benadering van LekkeSlaap. U wat by die toeristebedryf betrokke is, behoort die verskeie aspekte van die unieke Suid-Afrikaanse waardekettings insluitend die wildsbedryf, in ag te neem. Die Suid-Afrikaanse Predatore Organisasie (SAPA) betwyfel LekkeSlaap se lojaliteit teenoor Suid-Afrika indien daar op hierdie wyse gediskrimineer word teenoor die mense wat in die jagbedryf aktief en werksaam is. Dit is nodig dat ons almal as ’n span saam sal staan om die regering te ondersteun in hulle pogings om die Suid-Afrikaanse ekonomie tot voordeel van alle sektore van ons land te bou. U besluit om nie akkommodasie aan persone wat aan jagaktiwiteite deelneem te verskaf nie, stuur ’n negatiewe boodskap aan die res van die wêreld uit. Dit maak geen bydrae tot die Suid-Afrikaanse toerisme ideaal nie en ondersteun slegs die westerse toerisme terroriste! 

SAPA lewer bydraes om toe te sien dat minimum standaarde en aanvaarbare welsynspraktyke op wildsplase gehandhaaf word. Ons is oortuig daarvan dat betrokkenheid, interaksie en onderhandeling by verre ’n beter benadering is. As die President van SAPA beveel ek graag aan dat u dieselfde doen. U positiewe bydrae as lid van die Suid-Afrikaanse toerismebedryf tot die groter geheel, behoort ook vir u vrugte af te werp.

Dit spyt ons om te beweer dat u ongelukkig die verkeerde pad gekies het. In plaas van goeie betrekkinge sal u vind dat baie van u potensiële kliente  nou ander heenkome sal vind.

SAPA beveel sterk aan dat u u posisie sal heroorweeg om u lojaliteit teenoor Suid-Afrika en die toerismebedryf te bewys asook om diegene wat van die wildbedryf afhanklik is, te ondersteun.

Vriendelike groete,

Andre Mentz

SAPA President

_______________________________

English Version

Dear LekkeSlaap Management

The South African Predator Association represents game farmers focused on the breeding of predators and the related value chain.

Game Farming in South Africa is a major participant in the agricultural and tourism industry. South Africa offers a unique tourism product, non-consumptive and consumptive. Almost all the game farms developed an integrated product consisting of normal farming, hunting and other nature-based activities. 

This economic model proved to be very successful. It enabled landowners, to enjoy a sustainable income. It is important to understand the value of game farms in rural communities. Tourism creates jobs and putsbread on the table.

Businesses like LekkeSlaap exist because Game farmers created an attractive product for the tourismmarket. SAPA questions the recent decisions by your team to discriminate against legal consumptive and adventure tourism activities. 

SAPA oversees and ensures minimum standards and welfare practices on game farms. To engage, discuss and negotiate is by far a better approach!

As President of SAPA I recommend you do the same. Your contribution as a team member should add value to the bigger picture. Unfortunately, you chose the wrong route, making enemies amongst your own clients.

SAPA recommends that you revisit your position and prove your loyalty to South Africa, the Tourism industry and the people depending on it for their livelihood.

Sincerely

Andre Mentz

SAPA President

 

 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

Related Post

SentienceSentience

BY JOHN NASH A couple of weeks ago, George Eustice, elected MP and Environment Secretary, although no longer the favourite person of local fishermen, was regarded as a reliable pair of